Posts tagged ‘Android’

06/04/2011

Samsung Galaxy Tab 10.1v in SA

Die groter weergawe van die Samsung Android tablet gaan glo beskikbaar wees in die volgende paar weke.

Volgens MyBroadband gaan die Tablet vir ‘n onbepaalde tydperk beskikbaar wees eksklisief aan Vodacom.

image
Kort op die hakke van Apple se aankondiging van die iPad 2 vroeër hierdie maand, het Samsung ‘n ligter, dunner Samsung Galaxy Tab 10,1 onthul  sowel as ‘n middel broer Galaxy Tab 8,9.
Die opgedateerde ontwerp van die 10,1 duim Samsung tablet het gelei tot die ouer model wat bemark gaan word onder die naam “Samsung Galaxy Tab 10.1v.”, dis die een wat ons nou sal kry.
Vodacom het bevestig dat hulle dit sal verkoop op ‘n MyMeg 500 Broadband Gevorderde kontrak vir R399 per maand.

Bron: MyBroadband

Sleutelwoordw: , ,
04/04/2011

Acer se 7-duim Iconia Tab A100 geprys teen £ 300 in die Verenigde Koninkryk, Arriveer die 20’ste April

image

Oy, die Taiwenese is besig om die Tablet mark te bestorm met Android Honeycomb toestelle, dit beteken net goeie dinge vir ons dink ek. En dis nie somer hier jou tipe produk nie, nee kyk na die spesifikasie van die Tablet.

Dis ‘n 7 duim Tablet met ’n “dual core” Tegra 2 SVE met Android 3.0, met 512KG geheue en 8 MG  hardeskyf spasie.

Amazon Verenigde Koninkryk sê dit sal ariveer by hulle die 20ste April, wonder wanneer sal dit hier by ons land.

 

Bron: Amazon VK

Sleutelwoordw: , ,
23/03/2011

Samsung kondig Galaxy Tab 10.1 en 8.9 aan.

Die Galaxy Tab 8.9 en die her verwerkte Galaxy Tab 10.1 altwee hardloop op die Android 3.0 Honeycomb beheerstelsel met die TouchWiz gebruikerskoppelvlak (“user interface”).

Die Samsung Galaxy Tab 8,9 het ‘n 8,9″ skerm (geen verrassing hier) van WXGA resolusie. Dit meet 230,9 x 157,8 x 8.6mm en weeg net 470g met’ n 6000mAh battery.

Die Samsung Galaxy Tab 10,1 is hersien na sy oorsponklike vrystelling in Februarie – hoe Samsung bestuur dit so vinnig gedone het kan ons nie sê nie, maar die Tab 10,1 se mate is nou 256,6 x 172,9 x 8,6 mm. Dit was oorspronklik 10.9mm dik en ‘n bietjie ligter – nou beide die Tab 10,1 en 8,9 Tab is dunner en ligter as die iPad 2.

imageimage

Nou die slegte nuus vir ons in Suid Afrika, dit lyk nie of ons die dunner model so vinnig gaan kry nie, dit gaan eerste na Amerika, die Die dikker weergawe gaan glo vir die res van die wereld, dis nou ons.

Die 10.1 word op die 8 Junie vrygestel en die pryse is soos volg, dis nou ver Amerika, $ 499 (16GB weergawe) of $ 599 (32GB weergawe). Dis vir die Wifi modelle. Daar sal weergawes met mobiele Internet wees quad-band GPRS, EDGE en quad-band 3G met 21Mbps HSPA +, maar geen pryse is vasgetstel nie.

Sleutelwoordw: , ,
22/03/2011

Google Nexus S foon kom na Suid Afrika!

nexus-s-200x157Vodafone die grootste aandeelhouer van Vodacom het aangekondig dat die Google Nexus S Android foon in al hulle winkels wereld wyd sal beskikbaar wees, insluitend Suid Afrika, volgens die AndroidZA webtuiste sal dit die foon in April in Vodacom winkels wees.

bron:AndroidZA

Sleutelwoordw: , ,