Archive for ‘Rekenaar’

07/04/2011

Commodore 64 Leef voort!

As jy dalk een van die ouer generasie is, sjoe dis nou ek ingesluit, sal jy onthou wat die commodore 64 was.

image

Wel daar is nou weer ‘n nuwe een beskikbaar!

Die nuwe Commodore 64 is omtrent identies in styl van die oorspronklike, selfs tot in die (afskuwelike, in retrospek) beige kleur, en sjokolade sleutelbord.

In sy guns, is die dik sleutelbord beter as ooit, met ‘n soliede IBM meganisme, en ideaal is vir groot dokumente of vir die hele nag retro speletjie sessies speel.

Daar is ‘n paar verskille in die ontwerp, natuurlik. Die oorspronklike “floppy drive” is vervang deur ‘n DVD skrywer of opsionele Blu-ray en’ n hele klomp nuwe items, insluitend HDMI en ‘n geïntegreerde multi-formaat “memory card reader”. Die binnegoed is ook natuurlik verander, met ‘n “dual-core” Intel Atom-verwerker en nVidia Ion2 grafika kaart.

Vir die meer sentimentele onder julle, daar is ook ‘n emulator ingesluit, sodat jy in staat wees om al die oorspronklike Commodore spelletjies te speel – gelukkig sonder die drie dae laai tye.

Bron: CommodoreVSA

Advertisements
Sleutelwoordw:
04/04/2011

Acer se 7-duim Iconia Tab A100 geprys teen £ 300 in die Verenigde Koninkryk, Arriveer die 20’ste April

image

Oy, die Taiwenese is besig om die Tablet mark te bestorm met Android Honeycomb toestelle, dit beteken net goeie dinge vir ons dink ek. En dis nie somer hier jou tipe produk nie, nee kyk na die spesifikasie van die Tablet.

Dis ‘n 7 duim Tablet met ’n “dual core” Tegra 2 SVE met Android 3.0, met 512KG geheue en 8 MG  hardeskyf spasie.

Amazon Verenigde Koninkryk sê dit sal ariveer by hulle die 20ste April, wonder wanneer sal dit hier by ons land.

 

Bron: Amazon VK

Sleutelwoordw: , ,
21/03/2011

Gaan Intel se volgende generasie Atom eenheid in Beijing wees?

3-19-11-atom220Die volgende Atom eenheid behoort gewys te word in Beijing by die internasional programmerings forum (IPF) op die 12’de April 2011. IPF Beijing gaan ons van belangrike leidrade voorsien oor wat se vooruitgang Intel gaan maak op die platform. Details is maar skaars oor wat te sien sal wees maar een aspek is seker hulle gaan praat oor “WiFi” vir notaboeke (“netbooks”). Dit sal ons ook ‘n idee gee van die bemarking wat Intel gaan doen omtrent die produk.

 

bron: UMPC

Sleutelwoordw: , ,