Archive for April, 2011

07/04/2011

Commodore 64 Leef voort!

As jy dalk een van die ouer generasie is, sjoe dis nou ek ingesluit, sal jy onthou wat die commodore 64 was.

image

Wel daar is nou weer ‘n nuwe een beskikbaar!

Die nuwe Commodore 64 is omtrent identies in styl van die oorspronklike, selfs tot in die (afskuwelike, in retrospek) beige kleur, en sjokolade sleutelbord.

In sy guns, is die dik sleutelbord beter as ooit, met ‘n soliede IBM meganisme, en ideaal is vir groot dokumente of vir die hele nag retro speletjie sessies speel.

Daar is ‘n paar verskille in die ontwerp, natuurlik. Die oorspronklike “floppy drive” is vervang deur ‘n DVD skrywer of opsionele Blu-ray en’ n hele klomp nuwe items, insluitend HDMI en ‘n geïntegreerde multi-formaat “memory card reader”. Die binnegoed is ook natuurlik verander, met ‘n “dual-core” Intel Atom-verwerker en nVidia Ion2 grafika kaart.

Vir die meer sentimentele onder julle, daar is ook ‘n emulator ingesluit, sodat jy in staat wees om al die oorspronklike Commodore spelletjies te speel – gelukkig sonder die drie dae laai tye.

Bron: CommodoreVSA

Sleutelwoordw:
06/04/2011

Samsung Galaxy Tab 10.1v in SA

Die groter weergawe van die Samsung Android tablet gaan glo beskikbaar wees in die volgende paar weke.

Volgens MyBroadband gaan die Tablet vir ‘n onbepaalde tydperk beskikbaar wees eksklisief aan Vodacom.

image
Kort op die hakke van Apple se aankondiging van die iPad 2 vroeër hierdie maand, het Samsung ‘n ligter, dunner Samsung Galaxy Tab 10,1 onthul  sowel as ‘n middel broer Galaxy Tab 8,9.
Die opgedateerde ontwerp van die 10,1 duim Samsung tablet het gelei tot die ouer model wat bemark gaan word onder die naam “Samsung Galaxy Tab 10.1v.”, dis die een wat ons nou sal kry.
Vodacom het bevestig dat hulle dit sal verkoop op ‘n MyMeg 500 Broadband Gevorderde kontrak vir R399 per maand.

Bron: MyBroadband

Sleutelwoordw: , ,
04/04/2011

Acer se 7-duim Iconia Tab A100 geprys teen £ 300 in die Verenigde Koninkryk, Arriveer die 20’ste April

image

Oy, die Taiwenese is besig om die Tablet mark te bestorm met Android Honeycomb toestelle, dit beteken net goeie dinge vir ons dink ek. En dis nie somer hier jou tipe produk nie, nee kyk na die spesifikasie van die Tablet.

Dis ‘n 7 duim Tablet met ’n “dual core” Tegra 2 SVE met Android 3.0, met 512KG geheue en 8 MG  hardeskyf spasie.

Amazon Verenigde Koninkryk sê dit sal ariveer by hulle die 20ste April, wonder wanneer sal dit hier by ons land.

 

Bron: Amazon VK

Sleutelwoordw: , ,