Archive for Maart, 2011

25/03/2011

Windows foon 7 "NoDo" update nou beskikbaar.

Wel, dit is uiteindelik hier – die kopieer en plak funksie (“copy and paste”) is hier plus veel ander verbeterings volgens Microsoft.

Die update bring ook vinniger applikasie en speelletjie spoed, ‘n verbeterde Mark en WiFi, Outlook en MMS, plus ‘n paar verstelling in die Facebook sinchroniseerder.

Sien hier onder ‘n video van die kopieer en plak funksionaliteit.

Kopieer en plak.

Volgens Winrumors, is Microsoft alreeds besig met die volgende sagteware-weergawe vir sy Windows foon platform. Dit is kodenaam Mango en behoort te kom met sy eie weergawe nommer, waarskynlik 7.5. Mango gaan ‘n klomp nuwe funksie byvoeg, insluitende “multitasking”, Internet Explorer 9, SkyDrive integrasie en Twitter mense hub ondersteuning.

bron: winrumors

Advertisements
24/03/2011

Firefox doen 7 Miljoen aflaaie in 24 uur!

Na ‘n jaar lange ontwikkeling siklus het dit nie die gebruiker se lus nie ge-blus vir die “fox” nie, want binne die 24 uur van vrystelling van die nuwe weergawe, is 7.1 miljoen aflaaie gedoen.

Terwyl die syfer agter is as toe Mozilla Firefox 3.0 in 2008 uitgegee is, van 8.3 miljoen aflaaie, is dit nog 2.35 miljoen aflaaie meer as toe Internet Explorer 9 laas week afgelaai is toe dit uigegee is binne 24 uur.

Sleutelwoordw:
23/03/2011

Samsung kondig Galaxy Tab 10.1 en 8.9 aan.

Die Galaxy Tab 8.9 en die her verwerkte Galaxy Tab 10.1 altwee hardloop op die Android 3.0 Honeycomb beheerstelsel met die TouchWiz gebruikerskoppelvlak (“user interface”).

Die Samsung Galaxy Tab 8,9 het ‘n 8,9″ skerm (geen verrassing hier) van WXGA resolusie. Dit meet 230,9 x 157,8 x 8.6mm en weeg net 470g met’ n 6000mAh battery.

Die Samsung Galaxy Tab 10,1 is hersien na sy oorsponklike vrystelling in Februarie – hoe Samsung bestuur dit so vinnig gedone het kan ons nie sê nie, maar die Tab 10,1 se mate is nou 256,6 x 172,9 x 8,6 mm. Dit was oorspronklik 10.9mm dik en ‘n bietjie ligter – nou beide die Tab 10,1 en 8,9 Tab is dunner en ligter as die iPad 2.

imageimage

Nou die slegte nuus vir ons in Suid Afrika, dit lyk nie of ons die dunner model so vinnig gaan kry nie, dit gaan eerste na Amerika, die Die dikker weergawe gaan glo vir die res van die wereld, dis nou ons.

Die 10.1 word op die 8 Junie vrygestel en die pryse is soos volg, dis nou ver Amerika, $ 499 (16GB weergawe) of $ 599 (32GB weergawe). Dis vir die Wifi modelle. Daar sal weergawes met mobiele Internet wees quad-band GPRS, EDGE en quad-band 3G met 21Mbps HSPA +, maar geen pryse is vasgetstel nie.

Sleutelwoordw: , ,
22/03/2011

Firefox 4 is hier!

firefoxGebaseer op die Gecko 2,0-enjin, Firefox 4 bestaan uit ‘n heel nuwe gebruikerskoppelvlak, nuwe maniere om tabs te organiseer,’n opgeknapte add-on bestuurder, steun vir HTML5 video standaarde, multitouch steun op Windows 7 en ‘n verskeidenheid van prestasie en sekuriteit verbeteringe.

Mozilla het aangedui daar is ‘n begeerte om na ‘n vinniger uitgawe(“release”) skedule te volg na Firefox 4.

Maar vir nou, kan jy Firefox 4 by die skakels hier onder kry.

Firefox 4.0 vir Windows
Firefox 4.0 vir Linux (x86, x64)
Firefox 4.0 vir Mac

Sleutelwoordw: , ,
22/03/2011

Google Nexus S foon kom na Suid Afrika!

nexus-s-200x157Vodafone die grootste aandeelhouer van Vodacom het aangekondig dat die Google Nexus S Android foon in al hulle winkels wereld wyd sal beskikbaar wees, insluitend Suid Afrika, volgens die AndroidZA webtuiste sal dit die foon in April in Vodacom winkels wees.

bron:AndroidZA

Sleutelwoordw: , ,
22/03/2011

Microsoft en Nokia?

Het julle geweet laas maand het Microsoft en Nokia ‘n Alliansie aangegaan om die Windows mobiele 7 foon stelsel na Nokia fone te bring? Ja dis reg vanaf seker die einde van die jaar, begin volgende jaar gaan jy die Micososft Mobiele beherstelsel op Nokia te sien kry.

Nokia en Microsoft
Sleutelwoordw: ,
21/03/2011

Nokia C7-00

Nokia-C7Die nokia C7 foon is nou beskikbaar by jou naatste Selfoon winkel. Dit kan seker die “kleiner” boetie van die Nokia N8 genoem word. Dit luik na ‘n uitstekende foon as jy nie ekstra geld will betaal op jou volgende opgradering van jou kontrak nie en jy will by Nokia fone bly.

 

Dit beskik oor die volgend eienskappe:

  • Voledige AMOLED capacitive raak(“touch”) skerm met 16M kleure.
  • 8MP Kamera en Hoë definisie (HD) Video.
  • Duisende programme op die OVI Applikasie winkel.
  • Drie aanpasbare tuis skerms.

 

Vir meer inligting oor die foon gaan na Nokia se tuisblad hier. Vir ‘n voledige “review” gaan kyk hier(engels).

Sleutelwoordw: , ,
21/03/2011

Windows in Afrikaans

Het jy geweet jy kan jou Windows ook in afrikaans kry?

Jy kan ‘n program aflaai vanaf die internet wat deur Microsoft geskryf is en deur hulle ge-ondersteun word. Mens kry dit vir Windows XP, Windows Vista en Windows 7, Jy kan ook jou “office” ook in Afrikaans kry by dieselde plek.

Vir meer inligting gaan kyk hier.

afrikaanswindows

Sleutelwoordw: , ,
21/03/2011

Gaan Intel se volgende generasie Atom eenheid in Beijing wees?

3-19-11-atom220Die volgende Atom eenheid behoort gewys te word in Beijing by die internasional programmerings forum (IPF) op die 12’de April 2011. IPF Beijing gaan ons van belangrike leidrade voorsien oor wat se vooruitgang Intel gaan maak op die platform. Details is maar skaars oor wat te sien sal wees maar een aspek is seker hulle gaan praat oor “WiFi” vir notaboeke (“netbooks”). Dit sal ons ook ‘n idee gee van die bemarking wat Intel gaan doen omtrent die produk.

 

bron: UMPC

Sleutelwoordw: , ,
19/03/2011

Permanente wasem vrye laag kan beteken einde aan opgewassemde glasse

glassesMoeg daarvoor dat jou bril, ja die een wat jy op jou gesig dra wat mense jou soms “four  eyes” noem, opwasem? Well ‘n kandeese navorsings groep het ‘n anti-wasem laag uitgevind wat dit sal moontlik maak dat dit nie meer sal gebeer nie. Hulle sê net een laag sal nodig wees om dit nie weer te laat gebeur nie!

Hoe cool is dit?

Bron: Slashdot

Sleutelwoordw: , ,